Staatsamptenare in Kanada onder druk oor Covid-inentings

Die regering in Kanada het aangekondig dat alle staatsamptenare teen einde Oktober teen COVID-19 ingeënt moet word of die risiko loop om hul werk te verloor. Nuusagentskappe berig dat die mandaat ook van toepassing is op werkers in federale gereguleerde sektore. Kommersiële lug-, skip- en interprovinsiale treinpassasiers moet ook ingeënt word.