Staatsamptenare betrokke by vandalisme, stropery, veediefstal

Die landbouminister Calle Schlettwein het sy kommer uitgespreek oor staatsamptenare wat betrokke is by vandalisme en stropery. Hy sê dat die diefstal van water-infrastruktuur in landelike gebiede sy ministerie se pogings om water en sanitasie dienste te lewer, kniehalter. Enigiets van sonpanele, pompe, kabels en boorgate word gesteel of gebreek wat die kwesbaarste lede van die samelewing raak. Vier amptenare is reeds volgens hom hiervoor in hegtenis geneem. In sy mening is daar dieselfde tendens by stropery, ook van wild en in gevalle van veediefstal, betrokke. Hy sê die tipe gedrag moet nie geduld word nie.