Staat sal blykbaar borg vir Amushelelo môre teenstaan

Volgens Kadhila Amoomo, regsverteenwoordiger van Michael Amushelelo, is hy ingelig dat die staat Maandag in die hof op Walvisbaai, borg sal teenstaan. Amushelelo sal verskeie klagte, wat volgens die Erongo-polisie nog gefinaliseer word, in die gesig staar. Amoomo voer aan op sy sosiale media, dat die hoof van die polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo die opdrag oor die borg gegee het, alleenlik omdat Amushelelo vra dat hy krimineel aangekla word na die noodlottige ongeluk waarin hy in Desember betrokke was met drie mense wat dood is. Intussen het Amushelelo sy ondersteuners gevra om steeds by Shoprite saam te drom en sê polisie brutaliteit sal nie hul doelwitte in die wiele ry nie.