SSC-ontwikkelingsfonds soek aansoeke

Die Maatskaplike Voorsorg-kommissie se ontwikkelingsfonds verskaf finansiering vir die implementering van gemeenskapsprojekte wat werk skep. Die kommissie vra voorstelle en aansoeke vir projekte wat kyk na infrastruktuur, ontwikkeling, maatskaplike dienste en innoverende projekte vir volhoubaarheid. Die projekte moet in gemeenskappe wat voorheen benadeel is, voorkom. Opleiding vir vervaardiging, landbou, houtwerk, toerisme en konstruksie, word onder andere ook aangebied en aansoeke kan nou gedoen word.