SR-president van Wits geskors ná betoging

Die studenteraad van die Universiteit van Witwatersrand sal na verwagting met die departement van hoër onderwys en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vergader na dae van betogings. Die woordvoerder van Wits, Shirona Patel, sê die verwagte vergadering kom na die skorsing van die president van die SR. Aphiwe Mnyamana is geskors nadat hy nie by sy skorsings-verhoor opgedaag het nie. Patel sê studente word nie geskors wanneer hulle vreedsaam betoog nie.