SQUID-kriptogeldeenheid vanoggend US$0 werd

‘n Kriptogeldeenheid wat op die uiters gewilde Suid-Koreaanse reeks Squid Game gebaseer is en SQUID genoem is, is vandag nul Amerikaanse dollar werd. Die digitale geldeenheid is op 20 Oktober geskep en het vinnig gegroei en op ‘n stadium teen 2 861 Amerikaanse dollar per eenheid verhandel maar SQUID se skeppers het wat bekend is as ‘n ‘rug pull’ uitgevoer en al hulle eenhede vir regte geld verruil wat die eenheid ineen laat stort het. Dit wil voorkom asof die hulle weggekom het met 2,1 miljoen Amerikaanse dollar van beleggers se geld.