Sprinkane iets van die verlede in die verre Suide

Boere in die Suide het vroeër die jaar groot kommer oor sprinkaanplae gehad wat hulle volgens berigte gesukkel het om onder beheer te kry. Karasburg, Aroab en Koës het deur geloop en boere het geskarrel om waardevolle weiding te beredder. Die ministerie het vroeër bevestig dat 705 000 hektaar reeds verwoes is waarvan die meerderheid in die Suide is. Dolf de Wet Jnr. in Grünau het met Kosmos 94.1 gepraat en gesê alles is tans onder beheer…