Sprinkaanplaag saai vewoesting

Die onlangse sprinkaanplaag in die Kavango-streke het ‘n groot impak in die streke gehad. Dit volg na rooisprinkane meer as 5 000 hektaar landerye in Augustus verlede jaar in die Zambezistreek verwoes het. Gewasse en weiding is vernietig. Volgens Bonifatius Wakudumo, goewerneur van die Kavango-Oos-streek, sê alhoewel die streek erg getref is, het hulle nie alles verloor nie. Wakudumo gesels met Kosmos 94.1 Nuus.