Springbokke verneder Namibiese vroue-rugbyspan

Die Namibiese vroue-rugbyspan het vandag in Kaapstad ‘n loesing van die Springbokke gekry met hul rekord-oorwinning van 128-3 teen die Welwitschias. Die Springbok-losskakel Libbie van Rensburg het 14 van Suid-Afrika se 20 drieë verdoel. Die Bokke het rustyd met 54-3 voorgeloop, al het hulle hul stut en kaptein Babalwa Latsha ná net agt minute ná ‘n hoogvat met ‘n rooi kaart verloor.