Springbokke verloor die eerste toets

Die Springbokafrigter Jacques Nienaber voel daar is ‘n hele paar dinge waaraan die week gewerk moet word voor die tweede toets volgende Saterdag na gisteraand se nederlaag van 22-17 teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad.Die Springbokke het rustyd met 12-3 voorgeloop, maar kon volgens Nienaber nie die spreekwoordelike wa deur die drif trek in die tweede helfte nie. Die afrigter van die Britse en Ierse Leeus, Warren Gatland is tevrede met sy span se vertoning gisteraand.