Springbokke klop All Blacks in Mbombela

Rugby: Suid-Afrika het Nieu-Seeland gisteraand in ʼn klipharde toetswedstryd in Mbombela met 26-10 geklop, in die eerste van twee toetswedstryde in vanjaar se Rugby-kampioenskap. Die rustydtelling was 10-3. Kurt-Lee Arendse en Willie le Roux het drieë gedruk terwyl Handré Pollard se skopskoen 16 punte bygedra het. Shannon Frizell het ʼn enkele drie vir Nieu-Seeland gedruk. Faf de Klerk het in die eerste minuut ʼn kopbesering opgedoen en is deur Jaden Hendrikse vervang.