Springbok-vrouespan speel toets teen Japan

Rugby: Die Springbok-vrouespan se afrigter, Stanley Raubenheimer, sê sy spelers sal op alle vlakke getoets word wanneer hulle Japan in ‘n reeks van twee toetse die stryd aansê. Japan is goed op dreef en het Fidji en Australië onlangs verslaan. Die eerste toets is Sondag in Iwate. Raubenheimer sê hulle is beslis bewus van die gasvroue se vermoëns op die veld en hoe hulle getoets gaan word, veral in hulle vinnige spel by afbreekpunte.