Springbok-vrouespan se afrigter sê insinkings knou vordering
Rugby: Die Springbok-vrouespan se hoofafrigter, Louis Koen, sê die span het aansienlike vordering gemaak op hulle Europese toer, wat met ‘n nederlaag teen Amerika in Londen geëindig het. Koen voeg by hulle moet insinkings in hulle spel in hoë-intensiteit situasies uitskakel. Die vroue het ‘n teleurstellende 38-17 nederlaag gely teen Amerika, wat ‘n paar maklike drieë in die wedstryd aangeteken het. Die toer het wel verlede naweek ‘n sege teen Spanje opgelewer. Die Vroue-Bokspan se volgende uitdaging is die Afrika-Vrouebekertoernooi in Madagaskar in Mei.