Springbok-vroue sien uit na Europa

Die Springbok-vrouespeler, Lusanda Dumke, sê die groep wat vir die Europese toer gekies is, vorm ‘n goeie mengsel van ervaring en jeug, en die keuse skep ‘n lekker atmosfeer en baie energie. Die span sal in die komende weke teen Frankryk, Wallis en Engeland te staan kom. Dumke sê hulle is almal baie bly oor hierdie geleentheid, omdat hulle die afgelope twee jaar nie veel kon speel nie weens verskeie redes, insluitend die Covid-19-pandemie: