Sportminister onthef Namibiese Sportkommissie van hul pligte

Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, het pas die hele raad van die Namibiese Sportkommissie met onmiddellike effek van hul pligte onthef. Volgens ‘n mediaverklaring van die sportministerie is dit weens hul opsetlike ongehoorsaamheid en dat hulle die uitvoering van hul opdragte geïgnoreer het.  Die vermoede bestaan dat dit verband hou met die raad se goedkeuring dat die Sportkommissie se hoof-administrateur, Freddy Mwiya, se kontrak hernu is, ondanks Tjongarero se verklaring dat die pos eers geadverteer moet word.