Sportlegendes word in SA Heldesaal ingehuldig

Rugby: Die hoofafrigter, Jake White, en die Springbokke se Wêreldbeker-kampioenspan van 2007 word volgende week in die Suid-Afrikaanse Heldesaal ingehuldig. Suid-Afrika kon die Webb Ellis-trofee die tweede keer omhoog hou nadat hy Engeland in die eindstryd in Parys 15-6 verslaan het. Luidens ’n verklaring het die Bokke se uitstaande prestasies en meedoënlose strewe na uitnemendheid nie net ’n onuitwisbare stempel op Suid-Afrikaanse rugby gelaat nie, maar ook die hele land in eenheid laat feesvier. Ander wat opgeneem is, sluit in Gary Player, Lucas Radebe, Penny Heyns en Joost van der Westhuizen.