Sportexpo is Woensdag by Whk Gim

Die jaarlikse Namibiese Sportexpo sal die Woensdag by Windhoek Gimnasium gehou word. Die geleentheid is deur die voormalige minister van sport, Erastus Uutoni in 2019 van stapel gestuur in ‘n poging om beter befondsing vir sportkodes te bekom. Collette Riekert van Gimnasium sê die belangrikheid van sport kan nie onderbeklemtoon word nie.