Sport

Namibiese strandhengelspanne het op eie bodem by Hentiesbaai byna skoonskip teen Suid-Afrika gemaak met vier uit vyf kategorieë wat deur die Namibiërs tydens die internasionale gala-toernooi ingepalm is. Die Namibiese vrouespan, senior mans, meestersmans en grootmeestersmans het koning gekraai met slegs die Suid-Afrikaanse mans onder 21-span wat hul Namibiese eweknieë gewen het.