Spesialis geslagsgeweldhof word verwelkom

Die eerste hof vir slagoffers van geslagsgeweld is by die Katutura-landdroshof geopen. Die hof is daargestel om sensitief te wees teenoor die spesifieke uitdagings wat die slagoffers in die gesig staar maar, volgens die oud-ombudsman, advokaat John Walters, moet die sake vinnig afgehandel word.