Spesiale Taakspan Dubai toe vir wapen- en taktiek-uitdaging

Tien lede van die Suid-Afrikaanse polisie se Spesiale Taakspan is gekies om aan die Verenigde Arabiese Emirate se spesiale wapen- en taktiek-uitdaging in Dubai deel te neem. ‘n Gautengse woordvoerder, Mathapelo Peters, sê die byeenkoms vind van 13 tot 17 Maart plaas in Dubai se spesiale taakmag-opleidingsgerief. Peters sê dit sal samewerking tussen alle taakspanne in die wêreld skep.