Spes Bona-groep sal maandeliks Alte Feste in stand hou

Pieter Senekal van die Spes Bona-groep het onderneem om maandeliks instandhouding van die Alte Feste in Robert Mugabe-rylaan te doen. Hy het op sy sosiale media platforms verskeie rolspelers bedank, insluitend Chris Jordaan van Jordaans Garden Services. Die ministerie van sport, jeug en kultuur is verantwoordelik vir die instandhouding van die gebied maar, dit word nie gedoen nie. Die gebied is ‘n trekpleister vir toerisme en dit skep ‘n uiters swak beeld. Senekal het vroeër sy redes vir die projek so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.