Spelling B: 14-jarige se wenwoord… psammophile

Die 14-jarige Dev Shah het die 2023 Scripps National Spelling Bee in Amerika gewen. Die tiener van Florida het die woord psammophile reg gespel en die 95ste nasionale spelkompetisie en 979 000 Namibiese dollar ingepalm. Hy het voorheen in 2019 en 2021 aan die kompetisie deelgeneem en het onderskeidelik die gesamentlike 51ste en 76ste plekke behaal. Charlotte Walsh van Arlington, Virginia, was tweede. Elf leerders het deurgedring na die eindronde van die nasionale spelkompetisie wat in 1925 begin het.