Speaker van NV sê Namibië wen stryd teen armoede

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Professor Peter Katjavivi, sê Namibië is stadig maar seker besig om die stryd teen armoede en onderontwikkeling te wen. Hy het gesê Namibië het gevorder in die stryd teen armoede met ‘n afname van absolute armoede van 41 persent tussen 2001 en 2011, asook ‘n afname van 23 persent tot 15,8 persent in erge armoede in dieselfde tydperk. Dit volg na die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissaris, Obeth Kandjoze, ‘n paar dae gelede ‘n verslag het wat aandui dat 43,3 persent van Namibiërs in armoede leef.