Speaker sê dit is almal se plig om korrupsie te beveg

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het gesê Namibiërs moet ‘n sterk sin van deursigtigheid bevorder en dit hul plig maak om korrupsie te alle tye te voorkom en verwerp.  Katjavivi het dit vandag gesê tydens die Nasionale Konferensie oor die Ontwikkeling van ‘n Tweede Teenkorrupsie Strategie en Aksieplan vir 2021 tot 2025. Hy het gesê die stryd teen korrupsie is nie slegs die verantwoordelikheid van die Teenkorrupsie-kommissie nie.