SPAR en Isap bekom poeier surrogaatmelk vir renosterwesies

Met die hulp van SPAR Namibië, het die Isap-beweging daarin geslaag om poeier surrogaatmelk vir renosterkalwers te bekom. Stropery van renosters het in die afgelope week die hoogte ingeskiet en daar is kommer oor weeskalfies wat dringend bystand nodig het. Om dan een-liter vetvrye SPAR langlewemelk kartonne rond te skuif raak uitdagend en ‘n 25-kilogram sak poeiermelk wat tot 250-liter melk aangemaak kan word, is baie makliker en vinniger. Fritz Kaufmann, stigter van Isap, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy het SPAR Namibië en lede van die sakegemeenskap en publiek bedank vir hul bystand.