Spanning tussen Israel, VN bou
Die Verenigde Nasies se vredesmagte in Libanon sê die Israelse weermag het in stryd met internasionale reg een van sy posisies in Suid-Libanon binnegedring. Twee Israelse tenks het die hoofhek van ‘n basis van die VN se tussentydse mag in die suide vernietig. Die afgelope paar dae is vyf VN-vredesmaglede beseer. Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu sê die VN moet sy vredesmagte uit Libanon onttrek omdat hulle in die pad is. Die VN het ‘n verduideliking van die Israelse weermag versoek oor wat as skokkende oortredings bestempel word.