Spanning tussen die Oekraïne en Rusland bly in die nuus

Die sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sê Navo moet gereed wees ingeval die gesprek tussen Rusland en die Weste misluk. Jens Stoltenberg het gepraat te midde van voortslepende spanning op die Oekraïense grens. Buitelandse Sake-ministers van die militêre alliansie het per video-oproep vergader om hulle benadering tot die situasie te bespreek. Die organisasie berei voor vir die eerste Navo-Rusland-beraad hierdie week. Moskou hou vol om troepe op die grens tussen die Oekraïne en Rusland te ontplooi, wat vrese laat onstaan president Vladimir Putin mag die Oekraïne moontlik weer binneval.