Spanje beveel 30 000 mense op La Palma om binneshuis te bly

Spanje het meer as 30 000 mense op La Palma-eiland beveel om binnenshuis te bly, weens giftige gasse afkomstig van ‘n vulkaan wat reeds vir maande uitbars. Na etlike dae van lae aktiwiteit, het die Cumbre Viejo gister skielik lewe getoon met verskeie ontploffings wat ‘n reuse wolk van as en rook die lug ingestuur het. Die streeksregering van die Kanariese Eilande, wat aflandig van Afrika se noordwestelike kus geleë is, het inwoners van drie munisipaliteite ingeperk weens hoë vlakke van swaeldioksied in die lug.