Span ondersoek aanvalle op Ford Hare

Die Suid-Afrikaanse ministerie van polisie het ʼn multi-dissiplinêre span saamgestel om indringend ondersoek in te stel na die patroon van dreigemente teen die lewens van personeellede van die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. Die polisie verskerp hulle reaksie ná die onlangse gewelddadige en noodlottige aanvalle wat op en naby die universiteit plaasgevind het. Daar word beweer die visekanselier, Sakhele Buhlungu was eintlik die teiken toe sy lyfwag verlede week vermoor is. Die minister van polisie, Bheki Cele sê die hoëvlak-ingryping is noodsaaklik en moet resultate lewer.