Spacey pleit onskuldig in Londen

Die Oscar-bekroonde akteur Kevin Spacey het vanoggend onskuldig gepleit op vyf klagte van seksuele aanranding. Hy het by die Old Bailey-hof in Londen verskyn. Volgens die Britse polisie het die beweerde aanrandings tussen Maart 2005 en April 2013 plaasgevind op vyf mans. Vier beweerde gevalle was in Londen en een in Gloucestershire. Hy is op onvoorwaardelike borg en sy saak is neergelê vir 6 Junie volgende jaar.