Sowat 70% vroulike boere in Oos- en Suider-Afrika leef in armoede

Sowat die helfte van alle boere in Oos- en Suider-Afrika is vroue en ongeveer 70 persent van hulle leef in armoede. Dit is volgens die hoofnavorser van die internasionale instituut vir die omgewing en klimaatsverandering by die Klimaatsveranderingsgroep in Uganda, Tracy Kajumba. Sy het by die 2021 Topvroue-konferensie se webinaar gepraat wat deur Standard Bank en Topco aangebied is. Kajumba sê vroue word veral negatief geraak deur die uitwerking van die pandemie wat tot ‘n toename in uiterste armoede gelei het.