Sosio-ekonomiese impak van Covid op geslagsgelykheid word bespreek

Die sosio-ekonomiese impak van die Covid-pandemie op geslagsgelykheid kom vanmiddag onder die loep in Namibië. Vroue het swaarder gekry met blootstelling aan geweld tydens inperkings en meer vroue is kwesbaar gelaat as gevolg van werksverliese. Girl Up Namibia, ‘n projek wat deur die VN ondersteun word neem ook deel en June Shimuoshili van Girl Up het meer oor wat bespreek sal word.