Sonpaneeldiefstal neem swartmark oor

Energiekenners in Suid-Afrika waarsku dat sonpaneeldiefstal ‘n nuwe neiging in die buurland is wat waarskynlik sal toeneem. Daar is weens beurtkrag ʼn groot vraag na sonpanele in die swartmark omdat huiseienaars alternatiewe kragbronne aankoop. Media berig die vinnige toename in oplossings met sonkrag, gekoppel aan die diefstal van onderdele, dra by tot ʼn bloeiende handel in die swartmark. Die meeste van die stelsels word afgebreek en as skrootmateriaal of ʼn alternatiewe energiebron van die hand gesit.