Sonkrag-projek vir Namibië & Botswana

Die Amerikaanse regering het die befondsing van die beplande gesamentlike sonkrag-projek van Namibië en Botswana goedgekeur. Volgens berigte het president Joe Biden en sy adjunk Kamala Harris dit tydens die afgelope leiersberaad oor klimaatsverandering die groenlig gegee. Dit sal volgens berigte een van die grootste projekte van die aard in die streek wees. ‘n Memorandum van verstandhouding tussen die onderskeie rolspelers is reeds geteken.