SONA is so meer produktief

Daar was groot lof vir die leier van die LPM-party, Bernadus Swartbooi op sosiale media kanale. Talle meen Swartbooi het gedurende President Hage Geingob se staatsrede waardigheid getoon en homself uitstekend uitgespreek. Oor die algemeen was die jaar se verrigtinge kalm en positief en dit was ook duidelik dat Geingob self, ontspanne was. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê dit is baie meer produktief as die chaos van verlede jaar.