Sommige vlugte kan weer in die Kaap land na kragonderbreking

Die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika sê hy kon sommige vlugte insluitend SAL, Delta en United Airlines na die Kaapstadse Internasionale lughawe terugbring. Dit volg na alle vlugte Sondagaand weggewys is weens ‘n kragonderbreking wat die landingsligte en lugverkeersnavigasiedienste geraak het. Verskeie FlySafair-vlugte van Johannesburg na Kaapstad is na die Dawid Stuurman-Internasionale Lughawe in Gqeberha verwys terwyl twee vlugte van Johannesburg na Kaapstad teruggekeer het.