Sommige strande in Suid-Afrika raak onveilig

ActionSA in KwaZulu-Natal sê eThekwini se strande is nie meer veilig nie en met toeriste wat na die stad stroom, bestaan daar kommer oor hulle veiligheid. Die strande hou gesondheids- en veiligheidsgevare in. Natuurbewarings-kenners voorspel die strande kan binne vyf jaar dalk selfs moet sluit. Busi Radebe van ActionSA sê as die burgemeester Mxolisi Kaunda verantwoordelik was en vir die inwoners van eThekwini omgegee het, sou hy amptelik aangekondig het die strande is nie veilig nie.