Somalië verduur ergste droogte in 40 jaar

Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Vlugtelinge en die Noorse Vlugtelinge-raad het bevestig die droogte in Somalië het ‘n miljoen mense ontwortel. Dit is die ergste droogte in meer as 40-jaar ná vier mislukte reënseisoene. Die raad se direkteur in Somalië, Mohamed Abdi, sê ‘n verwagte vyfde mislukte reënseisoen gaan nog meer gesinne dakloos laat. Hy sê die getal sal na verwagting tot ongeveer sewe-miljoen styg. Abdi doen ‘n beroep vir dringende hulp aangesien daar geen water of kos oor is nie.