‘Solidariteitshoofweë sal gebruik word vir Oekraïnse graan’

Die EU se beleidshoof Josep Borrell het ook uitgevaar teen Russiese President Vladimir Putin oor die ineenstorting van die Swartsee-graanooreenkoms. Maar, hy sê sogenaamde solidariteitshoofweë sal deur die Europese vasteland gebruik word om Oekraïne se graan uit te voer. Daar word berig dat 15 miljoen ton in ses maande so uit die oorloggeteisterde land uitgevoer is. Borrell sê Putin gebruik die oeste as ‘n wapen.