Solidariteit verskaf lys van 300 krag-deskundiges aan Eskom

Solidariteit het ‘n lys van 300 ervare krag-deskundiges aan die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die Eskom uitvoerende hoof, André de Ruyter, gestuur. Dit volg nadat die minister die vakbond gevra het om ‘n lys van ervare individue te stuur in ‘n poging om die kragvoorsiener se bedryfsprobleme te help oplos. Dirk Hermann van Solidariteit sê die deskundiges het sowat 5 500 jaar se gesamentlike ervaring in die bedryf. Hy sê hulle het gesamentlik ook meer as 400 geakkrediteerde kwalifikasies waarvan 14 doktorsgrade in ingenieurswese en verwante rigtings is.