Solidariteit se aansoek om interdik teen NVG nie dringend

Die vakbond Solidariteit kon nie die hooggeregshof in Pretoria oortuig dat die aansoek om ‘n interdik teen die advertering van poste vir die Nasionale Gesondheidsversekering ‘n dringende saak is nie. Die gesondheidsdepartement poog om 44 poste te vul om ‘n ten volle funksionele NGV-tak te vestig, hangende die afhandeling van die NGV-wetsontwerp in die Parlement. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die uitspraak is in die beste belang van meer as 84 persent van die bevolking wat nie mediese fondse het nie en staatmaak op die openbare gesondheidstelsel.