Soldate in Sydney onplooi

Soldate is in die Australiese stad Sydney ontplooi om streng nuwe inperkingsmaatreëls, wat hierdie week aangekondig is, af te dwing. Dit is ondanks die feit dat die stad minder Covid-19-gevalle as ander stede in die land aangeteken het. Honderde lede van die weermag moet die maatreëls, wat as drakonies beskryf word, afdwing. Honderde-duisende mense het die afgelope naweek in groot stede versetoptrede daarteen gevoer. Inwoners van Nieu-Suid-Wallis mag die huis slegs verlaat vir werk, oefening en voedselaankope.