Sola Scriptura-groep van NG Kerk kom byeen op Okahandja

Die Sola Scriptura-groep van die NG Kerk van Namibië het vandag 20 gemeentes op Okahandja byeen gebring om dolering te bespreek. Die drukgroep meen die NG Kerk se Algemene Sinode volg nie meer die voorskrifte van die Woord nie na die Sinode in 2019 dieselfdegeslag-verhoudings aanvaar het. Ds. Erik van Zyl, voorsitter van die Sola-groep en koördineerder van die NG Kerk in die Kunene-streek, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die NG Kerk moet hulself eers ondersoek en nie vingers wys nie, maar dié groep wil hulself losmaak van die Algemene Sinode.

Ds. Van Zyl sê hy verstaan dat dieselfdegeslagverhoudings volgens die Afrika-kultuur veroordeel word, maar die kerk handel volgens die Bybelse konteks is dit sonde.