Sokkerster steel blykbaar bees met polisieman se voertuig 

Die polisie in die Khomas-streek het ’n voormalige Brave Warriors- en African Stars-speler en vier ander verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van veediefstal in die Dordabis-omgewing. Die 40-jarige sokkerspeler is Dinsdagaand deur ‘n polisiepatrollie in hegtenis geneem toe hy aangetref is in ‘n wit sedan vol beesvleis. Ondersoeke het verder aan die lig gebring dat die betrokke voertuig aan ‘n sekere polisiebeampte van BBP-direktoraat behoort. Die groep sal môre, in die Katutura-landdroshof verskyn. Adjudant-offisier Silas Shipandeni, het die besonderhede.