Sokkerspelers meer geneig om dimensie te kry

‘n Onlangse studie van mansspelers in Swede het bevind 9 persent van hulle is meer geneig om demensie te ontwikkel, vergeleke met 6 persent van die algemene bevolking. Voormalige beroepspelers is drie-en-‘n-half keer meer geneig om aan demensie te sterf. Die studie toon spelers wat die bal herhaaldelik met die kop stamp word aan breinbeserings gekoppel, maar demensie word minder by doelwagters aangetref. Die bevindings het sokkerliggame in die Verenigde Koninkryk en Europa aangespoor om riglyne in te stel ten einde kopskote by kinders wat sokker speel, te verminder.