Sokkerspeler aangekla vna poging tot moord, skop skeidsregter in die kop

‘n Brasiliaanse speler word aangekla van poging tot moord nadat hy die skeidsregter na bewering aangerand het tydens ‘n wedstryd in die suide van die land. William Ribeiro van die Sao Paulo-klub word daarvan beskuldig dat hy die skeidsregter teen die kop geskop het nadat hy beslis het Ribeiro het die reëls oortree. Die wedstryd is in die tweede helfte gestaak omdat die skeidsregter hospitaal toe geneem is. Die klub sê dit is een van die hartseerste oomblikke in sy geskiedenis. Ribeiro is onmiddellik afgedank en verdere optrede mag volg.