Sokker: Tuisskare moet Tottenham Hotspur hupstoot gee  

Sokker: Nog twee plekke is vanaand op die spel in die kwarteindstryde van die Kampioeneliga met twee wedstryde in die laaste-16 wat gespeel word. Bayern München het ʼn voorsprong van een doel vir hulle wedstryd teen Paris Saint Germain terwyl Tottenham Hotspur in Londen gasheer is vir AC Milan. Spurs moet ʼn agterstand van een doel uitwis en bestuurder, Antonio Conte hoop die tuisskare sal hulle aanspoor.