Sokker: Skotland en Oekraïne takel mekaar

Sokker: Die organiseerders van die Nasiesliga-kompetisie het aangekondig Skotland se weg-wedstryd teen Oekraïne sal op 27 September in Krakow in Pole gespeel word. Die wedstryd moes verskuif word as gevolg van die oorlog in Oekraïne. Skotland pak die Oos-Europese land eers op sy tuisveld in Hampden op 21 September. Oekraïne is tans eerste in Groep-B4 en die Skotte tweede. In Junie het hulle Skotland ook in die laaste kwalifiserings-wedstryd vir die Wêreldbeker-toernooi geklop, wat die Skotte ‘n beraamde 160 miljoen Namibiese dollar aan inkomste gekos het.