Sokker-rassis gaan tronk toe

‘n Sokkeraanhanger wat ná die Euro 2020-eindstryd rassistiese aanmerkings gemaak het teenoor Engeland se Marcus Rashford, Jadon Sancho en Bukayo Saka, is tot 10 weke tronkstraf gevonnis. Die 52-jarige Jonathan Best het ‘n video op Facebook geplaas waarin hy kwetsend teen die spelers uitvaar ná Engeland se nederlaag in Julie teen Italië by Wembley. Rashford, Sancho en Saka, wat almal swart is, het aanlyn onder kritiek deurgeloop nadat hulle nie met strafskoppe kon slaag nie. Dit het veroorsaak dat Engeland sy eerste trofee sedert die 1966-wêreldbeker misgeloop het.