Sokker: Man United en New Castle deur na halfeindronde van Carabao-beker

Sokker: Manchester United en Newcastle is deur na die halfeindronde van die Carabao-beker. Marcus Rashford het laat in die wedstryd twee doele aangeteken en Antony een, om die Eerste Liga-span Charlton op Old Trafford met drie-nul te klop. Dit is United se agtste oorwinning en die derde keer die afgelope ses seisoene dat hulle die  kompetisie se laaste vier haal, sedert hulle die trofee in 2017 onder leiding van Jose Mourinho op tuisgrond gewen het. Intussen het Newcastle, wat streef om die eerste keer in 50 jaar die trofee omhoog te hou, Leicester op St. Jamespark met twee-nul verslaan.